Wednesday 10 August 2011

Vir Moeder: DAAR IS N LAND


Daar is n land -
sonder die horison van skeiding

Daar is n land -
sonder pyn en lyding...

Daar is n land -
sonder die vrees van oseane

Daar is n land -
sonder die dofheid van trane...

Daar is n land  -
van soete vrede en rus

Daar is n land -
waar ons dierbares wag met n kus...

Daar is n land -
van blomme en glashelder riviere

Daar is n land -
met kosbare juwele vir mure...

Daar is n land -
met lofprysende heiliges

Daar is n land -
waar ons sondes vir altyd gereinig is...

Daar is n land - 
met n Ewigheersende Koning

Daar is n land - 
ons tuiste...ons woning...

Skrywer: Yulande Rix Oosthuyzen
Vrydag, 28 Mei 2004
Kanada, 12H30 

No comments:

Post a Comment