Sunday 8 May 2011

Vir my dierbare Moeder en sussies op Moedersdag

My gedagtes draai vandag ver...ver oor die uitgestrekte oseaan en die duisende myle wat ons skei...maar dan weer is my gedagtes ook intens en net so naby soos my eie hart, want vandag is n dag vir wonderlike herinnneringe aan al die tye wat ons saam deurgebring het.
 
Ek dink aan al die koppies tee wat ons gedeel het, al die heerlike speel dae wat ons kinders saam geniet het, al die koeke wat ons versier het en al die heerlike boerewors wat ons saam gebraai het. Die lag en gesels, die kleintjies wat mekaar gebyt en geknyp het , die warm sonskyn op my vel onder die groot wilge boom by die Kenridge huis swem bad.
 
Partymaal wonder ek hoe die lewe sou wees as ek die horlosie kon terug draai en ek weer in die Kaap om die draai by my familie kon bly - as ek weer die geleentheid kon he om die Boland van voor af te waardeer en van voor af herinneringe weg te le...Daar is belis n deel van my wat altyd sal bly verlang, wat nooit kan vergeet nie, en wat altyd sal bly wonder oor n soete re-unie wanneer ons nog almal jonk genoeg sal wees om weer oor die wit duine te gaan ry na n oggend by die Blou Peter...
 
Nietemin, te midde van baie verlange weet ek ook hoe gelukkig ek is om die roepstem van my Vader te hoor wat se dat elke land, volk en taal in Sy hart is, en dat dit Sy hartsbegeerte is dat AL Sy kinders Sy boodskap van liefde en vrede sal hoor...en dan onthou ek ook dat Jesus gese het dat daar niemand is wat nie vader of moeder of broer of suster verlaat het aan wie Hy nie weer vaders, moeders, broers en susters sal gee nie - ja, somtyds wel ook saam met vervolging.
 
Dit is dus vandag my hardsgebed dat elkeen van ons daagliks vir mekaar sal bid en sal opdra aan die troon van genade. Ons is ver van mekaar, maar ons is nog steeds n eenheid - een in ons begeerte om die Koninkryk van God te bou waar Hy ons geplaas het, een in ons doel om Sy liefde, vrede en Wysheid daagliks uit te lewe..."we want to live our lives in such a way that it counts for eternity."
 
En dit is juis hier waar ek eer wil betoon aan die wonderlikste Moeder vir my op die hele aarde  - n Moeder wie se voorbeeld my altyd geleer het dat haar Meester eerste in haar lewe was. Mamma, jou lewe van toewyding aan die Meester, jou liefde vir Sy werk, Sy huis, Sy Woord, Sy lewenswysheid, Sy teenwoordigheid is die mooiste mooi wat enige vrou ooit vir haar kinders kon gee. Jou lewe was nie perfek nie, maar selfs daarin spreek jou voorbeeld boekdele, want in jou menslikheid is jy n voorbeeld wat tot my spreek wanneer my nietige menswees my tot die swakke realiteit van my eie bestaan roep...en dit is dan wanneer ek jou telkens hoor se: "Vir my is die lewe Christus..." Ek sien dan so duidelik die padwyser wat se: There is only one way...
 
Dankie Moeder vir al jou sterkte, krag van karakter en moed vir more...Jy is n wonder in jou inspirasie en n miljoener in al jou geestelike skatte wat jy so vryelik met my deel. Daarom, my liewe Moeder eer ek jou weer eens vandag as n uitverkore instrument in die hand van ons Koning - n Moeder van Naam in die huis van ons Vader - en n Moeder wie se geestelike kinders ons eers eendag in ons Ewige Woning duidelik sal kan sien...Ek is so lief vir jou en so trots op jou...ons is voorwaar bevoorregd soos min...
 
n Wonderlike Moedersdag wens ekjou toe...en n wonderlike Moedersdag aan al my dierbare sussies - mooier as julle is daar nie...

Monday 2 May 2011

You are the "I AM" in me...



When my soul is thirsty and dry
When the sum total of all my efforts and being
Still leaves an unpainted canvass of longing and little achieving

It is then I can turn to You
And from the depths of Your Spirit within me I cry
To You my Rock and my Salvation
Your Spirit is water to my soul
Your Being is Bread to my hungry heart
Your Blood is the Life Flow that to my weary soul imparts
That “I AM”* in me** is greater and unimaginably more beautiful
Than my being can ever desire

In Your Beautiful Magnificence
My longing heart is satisfied to make an exchange of rest
In the quiet place Your knowing overtakes the distance to my hazy horizons
And Your strong love paints my empty canvass with YHWH ^^
Jehovah Tsidkenu *** knows best





Footnotes: References taken from the Bible

·         *    Exodus 3 : 13 - 15
·      *   Colossians 1 : 27
·      **  Ephesians 3 : 19
·      ^^ Tetragrammaton – “He Brings into Existence whatever Exists” – Ex. 3: 13 - 15
·         **  Jeremiah 23: 6 –  The LORD MY RIGHTEOUSNESS
·         *** Romans 6 : 18
·         *** 11 Cor. 5 : 17



Written By: Yulande Oosthuyzen